Hackathon

OPLEIDINGSKURSUSSE

BEWEEGBAARHEID

hackaton

Die 3rde jaar van die projek behels die reeling van Nasionale en Internasionale Hackathons. Die eerste fase behels die daarstelling van plaaslike netwerke vir die organisering van Hackathons. Onderwysers sal gevra word om plaaslike belanghebbendes te betrek by hul projekaktiwiteite, en om dit te doen met die ondersteuning van geassosieerde vennote. In besonders sal hullle relevante sosiale kooperatiewe of besighede moet identifiseer wie kan help om techniese besoeke vir die student, en werkswinkels by skole kan reel wat gespits is op praktiese voorbeelde vir die bereik van die 17 VN “Sustainable Development Goals” deur die kooperatiewe besigheidsmodel.

DBTA en EGInA sal saamspan vir die produksie van `n projek-gebaseerde “Hacking” gids vir onderwysers. Hulle sal inspirasie put uit die “Social Hakademy” metodologie wat deur oor die jare heen deur ENGInA ontwikkel is, en wat met die #hackAD projek geloods is op EU vlak.

Met die Hackathons sal elke onderwyser sal saam met die studente interaksie hou. Die Hackathon toernooie sal uit drie rondes bestaan:

  1. `n Interne skoolvlak kompetiese met groepe studente van dieselfde TVET sentrum (of gemeenskap) wie kompeteer om met oplossings vorendag te kom vir uitdagings wat deur plaaslike owerhede aan hulle voorgehou word;
  2. Die wenspanne van die eerste fase sal byeen kom vir die nasionale finale wedstryd, waar die oordeelaars sal bestaan uit ten minste 1 EU verteenwoordiger en 1 verteenwoordige van `n ander Afrika-land;
  3. Die laaste fase van die Hackathons toernooi sal in Italie in Julie 2025 plaasvind met die VIII Social Hackathon Umbria. Hierdie jaarlikse Hackathon wat deur die EGInA uitegevoer word, het alreeds in 2019 met die FAO ondersteuning gewin vir die mede-ontwerp van digitale oplossings vir uitdagings te doen met voedselskaarste en volhoubare ontwikkeling. Elke nasionale wenner sal deelneem aan die aangeleentheid met `n span van 1 onderwyser en 4 studente.

Al die projekte wat deur die studente met die verksillende Hackathons rondes gegenereer word, sal op `n spesiale aanlyn gallery op die projek se webtuiste uitgestal word.